'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
AAN DIE EINDE VAN DIE REëNBOOG
Daar is nog steeds diesulkes soos ek
Ons is nasate van die Grote Trek.
Aanvaar geen vreemde juk op ons nek
Sal onsself regeer, op ons eie plek
Maar die wêreld het net te klein geword
Nêrens is daar vir ons ‘n lappie grond.
Niks hier is ons eie meer
ons is gedwing om nou na binne te keer
Hier in ons gemoed vind ons ‘n Vaderland
waar ons gedy onder ons Vadershand.
Bokant ander se begrip en verstand
Kom hier nou ‘n nuwe volk tot stand
Gesuiwer van verraaier en liberaal
Is die ou volkie maar klein in sy getal.
Aan mekaar verbind deur dieselfde gedagte
Lê hul die basis vir die nuwe geslagte
Elke seun en dogter word aan die Enige GOD opgedra
deur ‘n Bybel-lesende Ma en Pa
Ware geskiedenis reeds aan ons kinders oorgedra
sodat ander se verwronge verledes hul nie pla
Ons leer hulle om nie te vermeng nie
en niks anders as Die Stem te sing nie
Ons leer hulle wat die skool nie wil nie
en om Geloftedag nooit te vergeet nie
AAN DIE EINDE VAN DIE REëNBOOG
Wat is dit wat ek nou daar hoor
“Verligte” stemme soos van ‘n koor
“het jy dan nou jou verstand verloor?
...hiervoor word jy sekerlik verhoor”
Gaan maar voort, berei julle saak
probeer maar om my bang te maak
Julle is die minste wat my kan traak
want ek is besig met ‘n groter taak
In die hof word die klagstaat voorgelees
“hy’s ‘n ou rassis, hy’s ‘n ou verkrampte
hy’s ‘n denosaurus, ‘n apartheidsgeraamte”
skuldigbevinding hierop, kan die doodstraf wees
Die een na die ander kom hulle getuig
oor iets wat hulle uit hul duime suig
Die hof verdaag sodat die Regter kan besin
oor al die klagtes en getuienis ingebring
Die volgende dag in Tswane,
Die hoofstad van Suid-Zimbabwe
Is die Regter gereed om uitspraak te lewer
Voor elke TV-span en koerant-uitgewer
Die Regter kom binne
En lees sy neergeskrewe sinne
“poging tot moord op integrasie - skuldig”
“moord, op politieke korrektheid - skuldig”
AAN DIE EINDE VAN DIE REëNBOOG
“skuldig aan poging tot moord op die bou van ‘n nasie”
“skuldig aan poging tot moord op ons demokrasie”
Die Regter loer oor sy bril en laat sak sy kop
“en wat is die beskuldigde se reaksie hierop?”
“U edele, u uitspraak is van verdoemende aard
Sonder dat u dit besef, ‘n tweesnydende swaard
Laat my toe om my stelling te belig
Want u staar self klagtes van moord in die gesig”
Betreffende die klag op integrasie
Word dít beskou as vernietiging van my nasie
Deur my ras met ander te laat teel
Verwyn ons Boervolk in sy geheel
Betreffende die klag op politieke korrektheid
Is dit ‘n poging om die waarheid uit te sluit
Niks mag gesien word vir wat dit werklik is nie
En alles word verdraai tot wat dit nie is nie
Betreffende die bou van ‘n sogenaamde nasie
Gebruik u die stene van regstellende aksie
Messel u met sement van swart bemagtiging
En verf u met die bloed van hierdie slagting
Die skending van die heilige demokrasie
Is dit sinoniem met verval en korrupsie,
gevangene vrylating en swak dienslewering
sub-standaard opvoeding en belasting vermorsing
AAN DIE EINDE VAN DIE REëNBOOG
U edele, hiermee dan die einde van my storie
Die reënboog en pot goud is net ‘n sprokie
Dat ek glo in my GOD, my volk en myself
En niks verskuldig is aan ‘n owerheid of uself.