VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (10)

'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes

Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging

WETTE

Sedert die eerste dag van jou beheer
Het jy duidelik gemaak wat jy begeer
Alles in die land moet joune wees
Eers dan het jy ’n tevrede gees

Jy’s sinoniem met die maaier wat nie plant nie
Sit op die stoep maar bewerk nie die land nie
Want jy’s mos verontreg deur die jare heen
En so regstellend kom jy weer op die been

’n Nuwe wet verskyn op die boek
Kry sal jy kry, by hoek of by kroek
Benodig jy nog, doen jy dit weer
En almal betaal dit elke keer

Ten spyte van alles bly jy uitgeteer
Jy verorber, jy vreet, jy soek net meer
Jy kyk rond en soek om te verslind
Dit wat jou wette nog nie kon vind.

Eers moes ons belasting vir die oorgang betaal
Sodat jy balans kon kry op jou skewe skaal
Werke vat jy uit die hande van vele Pa’s
Daarna maak jy jag op die Boer se plaas

Elke vyf jaar moet ek weer registreer
Om te bestuur en ook vir my geweer
Al is dit lank gelede reeds betaal
Eis jy dit weer vir ’n tweede maal

WETTE

Wil ek graag op die snelweg ry
Einde van die maand sal ek ‘n rekening kry
Busse en taxi’s is in ‘n ander kraal
Van hulle word daar niks verhaal

Gee, gee, gee.
Tot ek niks het, aanvaar jy nie “nee”
Gee, gee, gee
Ek wou mos die Suidpunt van Afrika betreë

Hoe meer dae, hoe meer wette
Jy’t rande en sente op jou gewete
’n Bloedsuier, ’n parasiet, is baas
Bly klou tot ek my laaste sent uitblaas

Die onpartydige vrou met die blinddoek aan
Word deur jou gelei, om die baan
Met boek in die een en skaal in die ander
Het sy stadig maar seker in jou hoer verander

Vir jou sukses reken jy op my wetsgehoorsaamheid
Probeer jy by my skuldgevoelens skep oor apartheid
Wel ek het ’n brokkie nuus vir jou
By my is daar geen skuld en geen berou

Tot op hede is daar genoeg betaal
In bloed, in geld, ook die armsalige voetewas verhaal
Wanneer is genoeg dan nou genoeg
Vir jou om met jou eie kalwers te begin ploeg?