VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (12)

'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes

Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging

‘N VERSKRIKLIKE SONDE
So lees ek nou die dag van ‘n naam-noemery deur ‘n vrou
Wat tien duisend Rand moes offer as berou
Met hierdie boete het die hof haar aangespreek
Haar gebruik van die k-woord, het ‘n hart gebreek.

Nou loop ek en tob, al etlike dae lank
En wonder oor die alfabet se elfde klank
“K,K,K”, …wat vir ‘n woord kan dít tog wees
Wat die gebruiker daarvan so laat vrees?

Uit onkunde vir wat dit is en vrees vir vervolging
Begin ek oplet waarmee ek elke woord begin
Sinonieme word nou deel van my gesprekke
Veral by die werk en openbare plekke.

Uit radeloosheid probeer ek antwoorde in die WAT vind
En so vervang bobbejaantjie dan  _ees se _ind
In plaas van  _offie, is dit boeretroos wat ek drink
En  _ewer word ‘n tor, waarmee ek rond rinkink

Skielik onthou ek iemand het gesê Google maak ons slim
En dis net daar waar ek op my stoel voor die rekenaar klim
Sewe sleutels wat ek vinnig op die sleutelbord hammer
Maar helaas, selfs die soek-enjin kom terug met “jammer”

Op moedverloor se vlakte bevind ek my
Waar sal ek tog die antwoord hierop kry?
’n woord wat jy nie net mag gebruik nie
Kan ek op geen ander plek as die BYBEL vind nie.

‘n VERSKRIKLIKE SONDE
“Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie,
want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik,
nie ongestraf laat bly nie.”

Vol van vreugde spring ek op en af
Ek het die k-woord enigma kaf gedraf!
Maar eensklaps besef ek ek was nie suksesvol nie
My GOD se naam, begin nie met die elfde letter nie.

Op ‘n daaglikse basis misbruik hulle SY NAAM
Selfs op die televisie, vloek hulle saam.
Geen regter sal jou hiervoor beboet nie
Want só wet is daar nie op hul boek nie.

Die k-woord bly klou aan sy misterie
Want navrae help my ook nie veel nie
Vra ek die vraag aan hulle naby aan my
Is ‘n hand voor die mond, al wat ek kry.

Wíe in die land is dan tog nou só belangrik,
Dat wetgewing hom selfs as ‘n god beskik?
Met wetgewing gelyk aan die eerste Gebod
Klink hierdie vir my meer na ‘n na-aper god

In plaas van Sabbat, ‘n vakansiedag vir die spul
Vermoed ek nou die nuwe god se dag, is 1 April.
Intussen hunker ek tussen wiefer en waffer
Waar ek soek na ‘n alternatiewe internet-diensverskaffer.