'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
TWEE KAALKOPPE EET TESAME... OF NIE
Ai-ai, ek moes vandag weer glimlag
Vir die sogenaamde nuus van die dag
Joernaliste berig nou vir dae aaneen
Oor die Tibettaanse visum-probleem
Aartsbiskop gaan sy tagtigste lewensjaar vier
En begin om uitnodigings die wêreld in te stuur
Noord, Suid, Oos en Wes, vlieg koeverte vinnig weg
En kort voor lank laat al wat gas is, weet hul’s reg
‘n Spesiale kaartjie met biskop se eie spoeg geplak
Laat by ontvangs, die Dalai na sy asem snak
Hy is deur die morele kompas genooi om ere-gas te wees
en vir tafelgebed, iets van die Boeddhiste voor te lees
Waarlik ‘n sprokiesverjaardag wat nou begin ontvou
Dit gaan iets wees wat die biskop vir altyd onthou
Maar voor hy nog kon dink hoe hy kersies gaan uitblaas
Slaan die klok 12 keer en vind die ondenkbare plaas
Toe die Lama sy kaartjie op Air Indië bespreek
Trek die Suid-Afrikaanse regering vinnig ‘n streep
Totdat hy nie visum het, sal die Lama daar moet bly
Want die ANC het nog nie antwoor, uit China gekry
Beide die heiliges word hierdeur erg bedroef
Het so uitgesien na die dag, maar is nou geskroef
Na al die beplanning en reëlings wat getref is
Skop die biskop se vriende hom nou in sy ribbes
TWEE KAALKOPPE EET TESAME... OF NIE
Soos een wat swoeg met ‘n mes in sy rug
Vaar die biskop uit in elke nuusberig
Hierdie heilige kerkman en Nobelpryswenner
Is nou so kwaad, hy skree en swaai met sy vinger!
Hy beskuldig sy vriende van skandelikheid
Kryt verder hul uit erger as vir apartheid
Uit Ghaddafi en Moebarak se val moet hulle leer
Massas ontevredenes sal húlle ook nie kan keer
Hy waarsku dat hy maklik weer kan begin bid
En elkeen van hulle dan op straat sal sit
Soos sy gebede hulle vroeër aan bewind gekry het
Kan hy kniel en hulle opdra in sy apartheidsgebed
Nou hou ek daagliks maar die koerante dop
Vir die biddag wat die biskop uit gaan roep
Intussen hou ek duim vas dat sy vriende nie
Visums ‘n vereiste vir gebed gaan maak nie...