DIE NEEM VAN DIE KANON LADY ROBERTS

Nog gedigte by Gedigte

       FW REITZ

Die trekboer en boslanser
Die kom haar hier beskou;
Dan seg hulle: "allawêreld,
Waar kry julle hierdie vrou?"

Dan seg ons: Die ou Lady
Is 'n Nuwejaarspresent
Wat Ben Viljoen gestuur het
Aan ons President.

Lord Roberts is al huistoe
Die Veldheer het getrap;
Maar d'ou vrou het hy hier laat bly,
Sy hou van mieliepap.

Van ons arme families
Brand hy die huise af;
Die mans kan hy nie wen nie,
Dus moet hy vrouens straf.

Lord Roberts van Kandahar.
Lord Kotchener van Karthoem,
Lord Buller van Colenso,
Die word só hoog geroem.

Ja, Roberts van 'Kandaar'
Is nie Roberts van 'Kanhier',
En dat Tommie hier moet blywe,
Is nie enkel vir plesier!