ÉÉN GOD!

Nog gedigte by Gedigte

FW REITZ

Al die nasies het één God:
Hij re'el ieder Volk zijn lot'
Hij het ver ieder Volk zijn Taal,
Zijn land, zijn reg, zijn Tijd bepaal.

Hierdie gediggie het in "Die Afrikaanse Volkslied" geëindig onder dr Arnoldus Pannevis se hand saam met CP Hoogenhout, DF du Toit en SJ du Toit:

'n Ieder nasie het syn LAND:
Ons woon op Afrikaanse strand;
Vir ons is daar g'n beter grond
Op al die wye wêreldrond;
Trots is ons om die naam te dra
Van kinders van Suid-Afrika.

'n Ieder nasie het syn TAAL:
Ons praat, van Kaap tot in Transvaal,
Wat almal maklik kan verstaan-
Wat gaan die ander tale ons aan?
Ons praat, soos Pa en Oupapa,
Die Landstaal van Suid-Afrika.

'n Ieder nasie het syn WET:
Wat goed gebied en kwaad belet:
En elk syn wet is na syn aard,
En gaan met syn natuur gepaard;
So volg ons ook die sedes na,
Wat tuishoort in Suid-Afrika.

'n Ieder nasie het syn REG:
Al is hy nog so swak en sleg.
Daar is een Oog wat alles merk;
Hy set die onreg paal en perk.
Hy kyk ook ons verdrukkers na,
En waak ook vir Suid-Afrika.

'n Ieder nasie het syn TYD:
Om op te groei en af te slyt,
En soos ons liewe Heer dit doet,
So is dit altyd wys en goed.
Daar kom een dag vir ons ook, ja -
Vertrou op God, Suid-Afrika!

Want al die nasies het één God:
Hy regel ieder volk syn lot;
Hy het vir ieder volk syn taal,
Syn land, syn reg, syn tyd bepaal.
Wie dit verag, sal syn straf dra:
O God, beskerm Suid-Afrika!