HOOP

Eens moes my volk die geseling van
‘n koue winternag verdra –
Wie ken dit beter as die wind
wat deur die dorre blare kla?

My volk moes eens die loutering van
‘n naakte winterramp deurleef;
Maar tog sou op ons veld die dou     
soos trane weer op halms beef.

My volk het net die wete van
vertroue in sy krag verloor ...
Sy dadedrang pronk spoedig weer
soos doudrup-goud ons velde oor !

 

JP Botha