Theo Wassenaar
Ons vra geen guns of gawe nie,
Ons soek geen windstil hawe nie;
Wie moeg is om te stry, mag sterf,
Want rus is wat die kerkhof erf.
Die slagveld en die oseaan,
Waar swaarde blink en seile slaan,
Waar spiere span en mannemoed
Die offer bring van goed en bloed,
Waar jeug deur vryheidsvuur ontroer
Die vlag van vrye burgers voer,
Dis daar waar Volk en Ideaal,
Sy kinders roep om roem te haal.