J P Botha
Vervloek die dag, my volk, as ek die tuig se stringe laat verslap
En meehelp om ons Nasiewa, wat swoegtend teen die bergpad gaan,
Tot stilstand te laat knars, en deur die vloek van hondverraad
Krampagtig aan die krakend’ speke terugwaarts, afdraend beur...!
Â
Vervloek die dag, my volk, as ek in jou gesig besete spuug en slaan,
En met die slymskerp dolk van swart verraad in donker nag
Met egte sluipdiefsleep sal naderkruip; jou weerloos-naakte rug deurboor!
Vervloek my, as vir hierdie gruweldaad ek eendag voor jou regbank staan.