deur Petrus Wilhelmus Botha
Ou Rietspruit, my ou Rietspruitplaas
my hart sit in jou aarde vas.
Hier was ek groot en sterk, helaas...
die een is kneg wat koning was!
Ou Rietspruit, my ou vadererf,
jou heerser leef in slawerny;
hy bind ‘n vreemdeling se gerf, -
die werktuig van sy heerskappy.
Ou Rietspruit, my ou Rietspruitplaas,
ek kom nou groet, jou aarde kus;
‘n handvol van jou stof verlaas,
gee aan die swerweling weer rus!