SUID-AFRIKA WORD VRY!

Petrus Wilhelmus Botha

My hart sug na die liewe berge

wat waghou oor my vaderland,

na strome onder koeltebome,

die ruie riet aan waterkant!

 

Refrein:

O land, my land, Suid-Afrika,

jou nasie sal nie ewig kla.

Die dag kom haas dat vryheid weer

jou volk se hart met krag regeer.

 

Ek sien hoe liefde almal same

Tot eenheid snoer in lydenstryd.

‘n Rusplek word jou ruwe velde –

die vrede kom alleen na stryd.

 

Ek hoor ‘n volkslied ruis deur bome.

My God, daar is geluk in my.

‘n sielsgenot, ek dank U , Vader,

Suid-Afrika, my land, word vry!