ONS NADER U TROON IN GEBEDE

Hierdie gedig is die pragtige lied wat ons so graag sing, verwerk na die bekende Duitse lied  “Wir treten zum Beten vor Gott den Gerechten”:

O VADER, ONS NADER U TROON IN GEBEDE

                     Jan Celliers.

O Vader  ons nader u troon in gebede,
Vertrouend en bouend op reg en op eer.
O, U in verlede ons hulp, hoe sou hede
voor  u oog dan die bose oor ons triomfeer.

Na lye en strye het steeds u genade
ons harte se smarte verligting geskenk.
Na  storme se woede het altyd die goede         
soos daagraad na donker verskyn op u wenk.

Kom sweer voor die Here nou trou aan mekander,
in lewe en strewe, want eendrag maak mag –
vol moed, tot die lewe ons eendag begewe,
vir ons dierbaar Suid-Afrika trou op die wag.

Beskermer, ontfermer, bestuurder van volke,
verlig ons en rig ons en staan ons weer by.
En nooit sal ons buig nie, geen vyand ooit juig nie;
En u Naam sal ons lowe.  O Heer, maak ons vry!