C J Langenhoven
Lees meer by Gedigte
Ek sou nie graag my lewensweg
'n tweede maal vervolg, want reg
sou ek hom tog nie kry; en wat
daar skoon en lief was op my pad,
kan die herhaling my laat mis.
Maar as ek iets terugwens, is
dit dat ek by my ouderdom
my kinderhart weer mog bekom -
en groot belang in kleine saak,
en goue traan en gou weer af,
en grote vrees vir kleine straf,
maar steeds herhaalde stoutigheid!
Og, had ek weer die sondigheid
van sondaartjies, onskuldig rein:
og, was ek weer as sondaar klein!