C J Langenhoven
Lees meer by Gedigte
My vyand haat ek, nie omdat
dit hy is wat ek haat;
ek haat, verafsku hom omdat
dit ek is wat hom haat.
Ek het my vriend nie lief omdat
dit hy is wat ek min;
ek het hom lief ter wille van
die grille van my sin.
Ek seën, vloek; ek dien, verdien,
verderf, verdruk, verbly
my medereisigers hier op
die paadjie langes my,
waar elk van almal vir homself
alleen geniet of ly:
maar al die ander reis die pad,
beskou ek, net vir my!