VERLOS SUID-AFRIKA!

                  Pieter Botha

Daar's 'n nasie deur verdrukking
tot 'n bedelras verlaag.
Vaag sy skoonste vergesigte
deur die honger in sy maag.
Om hom lê die rykste velde,
bo hom is sy hemel ruim.
Knegte juig nou oor sy erfnis,
vloek die volk vir "Blanke Skuim".

Dis mý volk wat deur uitbuiting
wankel-val van hongersnood.
Driemaal honderdduisend, sugtend,
bedel-snak om liggaamsbrood,
maak Suid-Afrika se paaie...
dis ons roeping, dis ons lot...
Veilig oor ons sweet en weedom
ry die Weelde met genot.

Dis my nasie, hoor, my nasie.
Dis 'n grap, 'n lawwe grap!
"Knegte heers oor hierdie nasie?"
Knégte gee hom mieliepap.
Soet gedoog ons nog die lyding,
kinders wat die folt'ring dra.
God, gee ons 'n hoër lewe,
O, verlos Suid-Afrika!