'N KLAAGSANG

                Johan Botha

Daar rys 'n weeklag in die nag
van mensekinders wat in onreg ly;
En uitdaend, spottend klink daarby.
'n tergend, honend Satans-lag.

Wil U hierdie lot versag,
en ons van Satans-hand bevry!
Want, o Heer, as ons moet stry
verdwyn die lig, en word dit nag.