George Weideman
Ek sal jou liefhê my heel lewe lank
selfs al sou die t´nouroevygie
in droë jare skaarser rank;
... al sou ons sleepvoet en doekvoet loop,
hande krom soos haakdoringbos;
al het die wind die gousblom gestroop;
al het die jare ons uitoorlê
sal ek jou heel my lewe lank bly liefhê.