Digter onbekend, maar in siel blootgelê oor waar hy was, en waar hy graag wou wees:
As die soeklig van die wagskip
op my tent skyn in die nag
peins ek droef oor huis en makkers,
en die speeltyd van weleer –
skyn daar op die tentdoek beelde
wat my dinke t'rugvoer ver na
ruiend veld in sonneweelde,
waar eenmaal só mooi gestaan het
die ou haardstee, die ou tuiste...
en dan breek daar, of't 'n hart is,
snikkend deur my sielepyn –
as die soeklig van die wagskip
in die naguur op my tentdoek skyn!