LC de Villiers
Stadig het jy gerol
Oor Platteland oor Plato,
Oor Dorsland oor Karoo,
Jou wakis oorgetrek met wol.
Bloedrivier se assegaaie gekeer,
Die Drakensberge se pieke trotseer.
Jou osse het jou braafheid geleer,
Die velde het jou krag geƫer.
Soms het jy moeg gaan staan,
Jou asse stukkend gestamp;
Nog 'n keer vorentoe gebeur;
Jou seile die simbool van 'n Voortrekkerkamp.
Tot vandag word jou naam genoem,
Jou spore het genoeg gedoen.
Hopelik sal jy in ons nageslag bly;
Miskien kan ons mekaar weer op boeregrond kry.