BLOEDRIVIER

LC de Villiers

Swart die donker nag
Met wapen slag gereed.
Ek hoor hulle stadig nader sluip
Met harte swart en wreed.

Assegaaie pen die grond orent;
Die reuk van kruid wat antwoord gee.
Krygers red jul naam, geskend,
Rivier met dooie bloed besmee

Gebed na God, ons laer gered;
Ons grond geheilig daar.
Gebod daarna met God gesluit;
Ons vir Jou Suid Afrika!