(Digter onbekend)
Dat sy U saam met my sal liefhê en opreg sal dien
En my liefde vir haar in my hart en handel sal sien;
Dit is die lewensmaat waarna ek soek o Heer
En wat U weet ek só diep in my hart begeer.
Maar sou ek op U nie wag;
Hierin steun op my eie krag;
Is die skrif ongetwyfeld aan die muur;
Die vrug van ongehoorsaamheid so suur.
U ken elke gedagte en oordenking van my hart;
U ken my moedeloosheid, vrae en diepste smart.
Soms skryf ons U voor om ons seerste wonde te genees.
Asof U nodig sou hê om vir raad U te wend tot vlees.
U, ons barmhartige, liefdevolle en getroue Vader, ons God,
ontfermend oor wie U liefhet, wie streef om te leef na U gebod;
As ons dan die raad sou hê oor hoe U volgens ons plan moet werk,
Waarom sou ons nodig hê om te vertrou op U hulp en almag so sterk?
Leer my om U met 'n volkome hart te vertrou;
Om my ongeregtighede af te lê met ware berou;
Want dan sal ek te midde van wat 'n bose wêreld my toesnou
Bly leef met my hoof omhoog in die hoop om U heil te aanskou!