AG Visser
In die kamp van die vroue heers stilte en donker,
die ellende genadig gedek deur die nag.
Hier en daar in ‘n tent nog ‘n flou liggeflonker,
waar die Engel van Meely – die Doodsengel – wag.
In die plaas van verdriet en van loodsware harte
lê ‘n knapie te snik in ‘n troost’loos geween.
O, wie tel al die trane, wie meet al die smarte
van ‘n weeskind verlate, op die wêreld alleen?
Want sy vader was vroeg in die stryd al gesneuwel;
na die kamp toe moes moeder toe die huis was verbrand;
sy en sussie lê daar aan die voet van die heuwel;
“wees getrou”, het sy sterwend gesê, “aan jou land!”.