DOOD VAN DIE OU VISSERMAN

AE vd Berg

Kleisteenhuisie witgekalk
rietdaktuiste greinhoutbalk.
Ou omie sit op die stoep
hoor hoe die seevoël na jou roep.

Droom van dae lank verby
en nette vol vis met die hooggety.
Op sy pos lewensgetrou
hande nou inmekaar gevou.

En as die gordyn van die lewe skeur
roep die seevoël ʼn laaste keer.
En buite sig of kim
spoel ʼn siel die ewigheid in.