J H Breytenbach
Wat waar en eerlik is, dit soek my siel,
die groen van dennetakke teen die bloue lug,
die sagte kweek wat langs die water rus,
die sober middernagtelike reëngesug,
die glimlag in die oë van die mens,
die silwer gloed van teer herinnering,
die awendlag wat opfris uit die dou,
die lied wat jou gevoelens uit jou dwing;
want dit is al bevrediging
wat werd is om bevrediging te wees,
dat jy die lewe ken en kan
van skynbedrog die suiwer waarheid lees.