Pieter Botha
Oor die vlakveld het die winter
met sy asvaal hand gegryp,
al die blomme, al die blare,
al die groen gras geel geryp.
Koue weswind met sy waaier
het die stingels fyn geslaan;
op die kaal verarmde vlakte
het daar dampe opgegaan.
Oor my liefde het ‘n winter
sy vernielingswerk gedaan,
en ‘n weswind met sy waaier
het daar stowwe uitgeslaan.