WAT DIE DIERE GESIEN HET

EEN VAN LEIPOLDT SE MOOISTES

Daardie droewige nag by Bloukrans en Boesmansrivier,  waar Dingaan se hordes soveel  weerlose  Trekkers  -  veral kinders  - vermoor het, se betekenis het Leipoldt in hierdie treffende natuurgediggie weergegee:

WAT DIE DIERE GESIEN HET

Die koperkapel kom uit sy gat
    En sluip die rantjie rond:
“Dit het gereën; die veld is nat,
    En nat is die rooi-geel grond.
Die meerkat kom en sy ogies blink
    En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: “Ek dink
    Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: “Dis glad nie reën!
    Dis klewerig, swart en rooi.
Kom jy sulke reën in jou lewe teen  -
    So glad, so styf, so mooi?”
En die wyse steenuil waag sy woord:
    “Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
    Se bossie-wortels voed.”