VEGKOP 16 OKTOBER 1836

TOTIUS

Bleek blink die seile vèr teen die hang,
swart kom die k.....s met driftige drang,
bewend omhoog rys gebed en gesang —
o so bang!

Donkre gevaartes dondrend temet,
blitsende flitse van pyle gewet,
borend na bowe die skietgebed:
Here red!

Hoor die gebruis teen die wawiel aan!
Hoor die geklots oor die seile slaan!
Sug van vertwyfling die boesem ontgaan:
Heer, dis gedaan!

* * *

Vas lê die roer in die trekker se hand,
fluks hou sy vrou aan sy syde stand,
weg vlug Kalipi weer na sy land —
vêr oor die rand!

Swart lê die k.....s: blom van die heir;
“Samel by hope die vyand se speer!
God het geseën man en geweer!
Sink dan terneer!
Hom sy die eer!”