Daar is soms uitstekende lirieke in sommige van ons hedendaagse sangers se komposisies wat nie oor die hoof gesien behoort te word wanneer ons van liefde vir ons taal en volk getuig nie. Een daarvan is die pragtige komposisie en liriek van Rudi Claase wat saam met Corlea Botha as die sangpaar 'Ons Lieflinge' bekend gestaan het voordat hulle onlangs elkeen 'n nuwe sangmaat gekry het:
HOOR MY LIED!
Laat ons weer die woorde sê
wat goud in drome lê.
Laat ons weer die name ken
wat drome kom verleng en ewig aan sal leef.
Laat ons weer verlang na harte se gesang;
Nostalgie in ons stemme vasgevang.
Luister na die hart van Afrikaanse melodieë,
na jarelange vreugde sonder end.
Laat ons hul woorde weer laat lewe,
en oor kranse heen laat swewe.
Ewig aan in diep oranje en in blou sal ons onthou:
Elke stem van ons Suid-Afrika vir jou!
Laat ons weer die liefde raam
wat leef in hierdie taal en eindeloos sal speel.
Luister na die hart van Afrikaanse melodieë
na jarelange vreugde sonder end.
Laat ons hul woorde weer laat lewe;
En oor kranse heen laat swewe.
Ewig aan in diep oranje en in blou sal ons onthou:
Elke stem van ons Suid-Afrika vir jou!
ELKE STEM VAN ONS SUID-AFRIKA VIR JOU!