(Lees die reeks by Afrikaanse Idiome en Gesegdes
- Hy is nou op begane grond (hy is op vaste aarde)
- Sy kragte het hom begeef (hy het baie swak geword)
- My moed het my begewe (ek het bang geword)
- Waarin het jou al weer begeef (wat het jy nou weer aangevang)
- Waar 'n begin is, is 'n einde (as jy sover gekom het om iets aan te pak, het jy al 'n ent gevorder)
- Goed begin, is half gewin (as die begin goed is, is die kans dat jy sal slaag soveel beter)
- ' n Goeie begin sit voordeel in (as jy goed begin, is sukses meer waarskynlik)
- Klein begin,aanhou win (moenie te veel aanpak nie, anders moet jy dalk tou opgooi)
- Hulle moes van meet af begin (hulle moes van voor begin)
- Daar is niks met hom te begin nie ('n mense kan niks met hom regkry nie)
- Goed begonne, is half gewonne ('n goeie begin is nodig vir sukses)
- Klein begonne is halfgewonne (as jy op klein skaal begin het, sal jy, deur vol te hou, bo uitkom)
- Hy sal nog laat vir sy eie begrafnis kom (hy is altyd laat)
- Hy het dit met 'n begrafnis-gesig gesĂȘ (hy het baie ernstig gelyk)
- Hulle eet begrafnisrys (hulle eet geelrys met rosyntjies)
- Hy praat met 'n begrafnisstem (hy praat op 'n somber, ernstige manier)
- Hy het begrafnisvoete (hy het yslike voete)
- Hy het nie die flouste begrip nie (hy verstaan niks daarvan nie)
- 'n Goeie begrip vra 'n halwe woord (as iemand iets gou begryp, is 'n lang verduideliking onnodig)
- Bergyp jou aan! ('n verbaasde uitroep)
- Dis te begrype dat hy meer sal wil weet ('n mens kan dit verstaan)
- Om alles te begryp, is om alles te vergewe (as jy die omstandighede ken, verstaan jy beter)
- Sy is alles behalwe mooi (sy is lelik)
- Hy is behep met sy eie prestasies (hy gee oordrewe aandag daaraan)
- Behoed jou siel! (kyk nou net!)
- Hy het sy pligte na behore uitgevoer (hy het dit op die regte manier gedoen)
- Dit was my behoud! (dit het my lewe gered)
- Hy nou heeltemal bejosie (hy is nou heeltemal beduiweld. Josie is 'n benaming vir die duiwel).