Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus moes as volkome mens hier op aarde leef. Nie net is Hy as 'n mensebaba gebore nie, maar het Hy ook die emosies van 'n mens gehad. Johannes 11 beskryf vir ons hoe geweldig bewoë en in sy Gees ontsteld Jesus was toe Hy sien hoe hartseer die mense oor Lasarus se dood was; Hy het selfs saam met hulle gehuil voordat Hy Lasarus uit die dood opgewek het. Hoe goed begryp Hy nie ook jou pyn en hartseer vandag nie!
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (23)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Twee ure later is al die vreugdetrane afgedroog, die besittings uitgepak en almal het slaappplek gekry. Diek en sy manne vul hulle kos en drinkgoed aan, maak die karre vol diesel of petrol, sodat hulle die volgende dag kan teruggaan.
“Oom, nee, dis lekker hier by julle, maar ons ouens moet teruggaan. Ons is nie klaar daar nie.”
“Julle moet doen wat julle moet, maar onthou, hier is altyd plek vir julle.”
“Dankie Oom, ons sal onthou en as ons nie iewers mekaar gaan raakloop nie, sal ons dalk net daarvan gebruik maak.”
*
“Kom nou, Hannie! Ek moet weet!”
“Paul, ek het mos saamgekom omdat jy so fris en aantreklik is.”
Paul sien dat sy nie ernstig is nie.
“In elk geval nie aanvanklik nie, maar ek hou nou so ‘n bietjie van jou.”
“Net ‘n bietjie?”
“Wel, nee. Meer as net ‘n bietjie. Maar kom saam, dan wys ek jou wat aangaan.”
As hulle by die Land Cruiser, wat nou by die agterste sydeur van die huis, by die inloopkluis getrek is, kom, is Nicodemus en ‘n paar ander manne besig om die vloer se laaibak los te maak. Paul sien nou dat die boute wat dit vashou, se koppe versink is en met iets opgevul is, sodat dit nie sigbaar is nie.
“Goed, menere, as alles los is, kan ons maar afhaal.”
Onder die vals vloer en die ingevoegde een, is die hele spasie gevul met goudstawe. Die hele spasie van bykans twee meter by een komma agt meter is styf gepak daarmee. In ‘n kassie aan die een kant, is ‘n leersak. Nicodemus rits dit oop en haal ‘n voorwerp uit, wat hy teen die son hou om mooi te kan bekyk. Dis ‘n geslypte diamant, so groot soos die voorste lit van sy duim.
“Is dit…?”
“Ja, daar is meer as twee kilogram, groot, geslypte diamante van perfekte snit en besondere kleur, sonder vlekke.”
“Nou waar op aarde kom dit vandaan?”
“Van ‘n man met die bynaam ‘Skeermes’, of sommer ‘Skeer’. Hy, oom Nicodemus en my pa is al vir baie jare vriende. Onthou jy die ontbloting van die ou Nasionale Party en die Broederbond, met die Lang Generaal? Dit was Skeermes Hugo se werk. Saam met al die inligting, die rekeningnommers, en die ander goed, was ook hierdie goud en diamante. Hy kon dit nie hier kry nie, want hy was bang hulle keer hom voor daarvoor. Hy het dit na my pa, Hans Wors, toe gebring, om veilig te hou. Uiteindelik moes ons wag vir die regte mens met wie ek kon saamry om dit hierheen te bring.”
“En daardie sucker was ek?”
“Daardie sucker sou al lankal met sy ou stukkende Mercedes en al onder die kluite gewees het, as dit nie was vir die Land Cruiser en die goed daarbinne nie.”
“Nou wat gaan Nicodemus daarmee maak?”
“Die ou man wat dit vir Skeermes gegee het, het gesê hy en sy ou regeringsvriende het hierdie anarchistiese gemors al vir dekades gesien kom en die goud, wat maar ‘n druppel in die emmer is van die hoeveelheid wat die ANC, FW en sy mense uit die Reserwebank gesmokkel het. Die diamante was baie jare se beste opbrengs van die diamantmyne by Kimberley en Cullinan. Oom Nicodemus en sy mense moet dit gebruik om infrastruktuur te begin skep sodra die oorlog verby is.”
“Oorlog?”
“Paul, ons is mos nou al maande lank in ‘n burgeroorlog, alhoewel onverklaar.”
“Ek dink die goud is seker heelwat werd.”
“Daardie diamante is ‘n hele paar honderd maal meer werd.”
“Wat gebeur nou? Waar gaan ek en jy heen?”
“Ek sal graag hier wil bly, as jy nie omgee nie?”
“Waar pas ek in die prentjie in, behalwe om ‘n onskuldige en naïewe smokkelaar van miljarde rande se goud en diamante te wees?”
“Jy weet daardie Poena was my oupa s’n?”
“So?”
“Dink jy my pa sou hom sommer aan enigiemand weggee? Hy wil hê dit moet in die familie bly.”
“Maar ek en jy en hy is nie familie nie.”
“Nog nie.”
“Jy bedoel…”
“Ja, Paul, jy moet net vra.