ANDER BREINS

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (15)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei) 

Die legendariese Springboklosskakel Bennie Osler was baie gewild onder die Maleiers van die Kaap.  Osler was natuurlik bekend as ‘n speler wat uitstekend kon skop, en het soos Naas Botha jare later baie wedstryde met sy skopskoen gewen.

Dít het een van die Maleiers eendag op Nuweland laat sê: “Daai baas Bennie is vir jou ‘n marvel. Sy breins sit mos in sy feets!”