(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hierdie drie kostelike korsies met die toestemming van Gerhard Griesel wie u hartlik uitnooi om ook sy webblad te besoek by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Onse Juliu(a)s kry 'n goudvissie persent om mee te speel. Die volgende dag gaan hy na die vee-arts met sy goudvissie. 'Ek dink hy ly aan epilepsie!' sê hy vir die vee-arts. Vee-arts kyk en sê: 'Dit skyn kalm genoeg vir my'. Juliu(a)s sê: 'Ja maar dis omdat ek hom nog nie uit die water gehaal het nie!'
Juliu(a)s sien 'n brief op sy voordeur se mat lê. Daar staan op die koevert geskryf 'Moenie buig nie'. Juliu(a)s spandeer die volgende twee uur om te probeer uitwerk hoe om die ding op te tel.
McBride ry huis toe, papdronk. Skielik swaai hy uit en beland in 'n sloot. 'n Polisiekar hou stil. McBride sê hy het uitgeswaai vir bome wat oor die pad hardloop. Polisieman: 'Ai tog, Baas, dis jou lugverfrisser wat so heen en weer swaai!'