KAN EK ASB 'N VIERDE WENS KRY...

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Nog 'n Grieselrige korsie waarvan u heelwat meer te lees kry by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

'n Man sit een aand alleen in sy kantoor toe 'n wensgees uit sy asbakkie sweef.

Wensgees: "Nou, wat sal jou derde wens wees?"

Die man kyk verbaas na die wensgees en sê: "Huh? Hoe nou? Hoe kan ek 'n derde wens kry as ek nog nie 'n eerste of tweede wens gehad het nie?"

"Jy het het reeds twee wense gehad,' sê die wensgees, "maar jou tweede wens aan my was om tog groot asseblief weer vir jou alles te laat wees soos dit was voor jy jou eerste wens gewens het. So, jy onthou niks, omdat alles is soos dit was voor jy enige wense gemaak het. Jy het een wens oor."

"Nou maar goed," sê die man, "Dit klink alles vir my maar na 'n twakstorie maar net vir grap: Ek wou nog altyd vroue verstaan. Ek wil weet wat gaan in hulle koppe aan."

"Snaaks," sê die wensgees, "Dit was jou eerste wens ook!"