BUSH EN CLINTON RY TREIN

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Bill Clinton, George Bush, 'n pragtige blondine en 'n minder aantreklike groot vrou is almal in een treinkompartement toe hulle deur 'n baie lang stikdonker tonnel ry.

Skielik is daar die onmiskenbare klank van 'n geweldige harde klap van iemand se hand. Toe die trein deur die tonnel is en dit weer lig genoeg is om goed te sien, merk almal die opgehewe rooi klapmerk op Clinton se wang.

Die blondine se eerste gedagte is dat Clinton aan haar wou vat maar per ongeluk sy hand op die onaantreklike vrou se been gesit het waarna dié hom geklap het dat hy wip.

Die groot vrou se gedagte is onmiddellik dat die vieslike ou Clinton natuurlik die blondine onbehoorlik aangeraak het en dié hom so geklap het dat hy ruk.

Clinton self se onwillekeurige gedagte is dat Bush seker aan die blondine se been gevat het en sy gedink het dit is Clinton en hom daarom so hard geklap het.

Bush se enigste gedagte is dat hulle tog gou weer deur so 'n donker tonnel moet ry sodat hy Clinton weer 'n slag so dik kan klap.

Van Clinton gepraat: die afgelope winter het die meeste Suid-Afrikaners die Clinton-griep gehad – en dit wou hulle net nie los totdat hulle in die bed was nie...