KORSIES OP DIE RUGBYVELD (23)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Daar was 'n gesegde dat 'n Springbokspan 'n Joodse gelukbringer moet hĂȘ en spelers soos Joel Stransky en Sid Nomis het nogal geluk gebring vir hulle spanne. Maar Sid het ook vir sy provinsiale span, Transvaal, by baie geleenthede geluk gebring.
Transvaal het op Ellispark teen die WP gespeel en in 'n baie gelykopstryd is die Rooibontes hier naby die einde met net twee punte voor. Maar met die WP het 'n mens nooit geweet nie. Skielik sit hulle 'n beweging op tou en draar trek die WP-sneltrein Gert Muller reguit hoekvlag toe. Die Transvaalse ondersteunders se harte sit in hulle kele.
Maar toe kom Sid Nomis en duik hom by die hoekvlag uit. Die Transvaalse kaptein Toy Dannhauser was oorstelp van vreugde en kom opgewonde aangehol. "Siddie, Siddie," jubel hy, "jy's die beste Jood sedert Moses!"