KORSIES OP DIE RUGBYVELD (24)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die Stormers- en Springbokslot Andries Bekker is 'n lenige kêrel wat soos sy Springbokpa Hennie in die 1980's gedoen het, ook sy bene lekker kan dra en daarvan gehou het om met die bal te hardloop. Dit het ook dikwels gebeur dat Andries in die agterlyn tussen die agterspelers opgeduik het om die volgende aangee te vat en op loop te gaan.
Natuurlik is daar van die ondersteuners wat nie altyd hiermee gediend is nie omdat hulle glo dat 'n voorspeler se basiese taak is om die meeste van die donkiewerk in die vaste fasette te doen en die hardloopwerk vir die agterspelers te los. Andries se kritici het gemeen hy moet besluit waar hy wil speel- op slot of op senter. Toe kry hy die bynaam, "Slenter" – 'n kruising tussen slot en senter.