KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Ierse Katolieke rugbyondersteuner gaan om belydenis af te lê. Nadat hy bely het dat hy by ‘n meisie geslaap het, sê die priester vir hom dat hy nie vergewe kan word as hy nie sê wie die meisie is nie.
“Ek het haar belowe dat ek nie sal sê nie!”sê die jong man.
“Was dit Mary Patricia, die slagter se dogter?” vra die priester.
“Nee, ek het gesê ek sal nie vertel nie.”
“Was dit Mary Elizabeth, die drukker se dogter?”
“Nee, ek gaan steeds nie sê nie!”
“Was dit Mary Francis, die bakker se dogter?”
“Nee,” sê die jong man.
“Wel my seun,” sê die priester, “ek het geen keuse nie. Ek moet jou vir ses maande uit die kerk ban.”
Buite wag die Ierse ondersteuner se vriend vir hom, en hy vra wat gebeur het.
“Wel,” sê die jong man, “ek het ses maande gekry, maar drie goeie leidrade.”