KORSIES OP DIE RUGBYVELD (28)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In die vroeƫ 1980's was daar 'n redelike bohaai oor spelers wat na rugbyliga oorgegaan het, veral toe Ray Mordt en Rob Louw hulle heil by Wigan gaan soek het. Craven, wat heftig teen professionele rugby gekant was, is natuurlik weer oorval deur die media.
In antwoord op 'n vraag oor wat hy van die saak dink het hy op keer geantwoord: "Die rugbyligaspelers is soos prostitute; wat hulle eers vir die pret gedoen het, doen hulle nou vir geld!"