KORSIES OP DIE RUGBYVELD (30)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Polla en Carel Fourie was twee Springbokbroers wat in Uitenhage in die Oos-Kaap grootgeword het en onderskeidelik in Suidoos-Transvaal en die OP Springbok geword het. Polla was 'n harde, vurge flank en Carel 'n sterk vleuel.
Polla het vir Middelburg gespeel in welke distrik hy ook 'n plaas gehad het. Eens op 'n tyd is hy van beweerde veediefstal beskuldig.
Polla speel een Saterdag op Middelburg vir Suidoos-Transvaal en terwyl die wedstryd aan die gang is skree 'n toeskouer vir Polla: "Hei, Polla, jou veedief!"
Net daar sê Polla die skeidsregter om gou die spel te staak. Hy klim oor die heining, draf die pawiljoen se trappe uit en gaan gee die skuldige 'n paar taai klappe. Toe draf hy weer pawiljoen af en terug op die veld sê hy vir die skeidsregter: "Dankie, mister ref, kom ons speel maar weer."