KORSIES OP DIE RUGBYVELD (31)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Voor die Springbokke in 1974 teen die briljante Britse Leeus van daardie jaar moes speel is hulle by geleentheid deur die miljoenêr golfspeler Gary Player toegespreek. In sy toespraak het hy hulle probeer motiveer en toe hierdie onnadenkende stelling gemaak: "Julle moet speel tot julle dink julle gaan nou sterf." Gou het hy homself probeer korrigeer en nog 'n groter blabs gemaak: "Natuurlik sal julle nié maar indien dit wel gebeur sal ek na julle afhanklikes omsien!"