KORSIES OP DIE RUGBYVELD (38)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Toe die Britse Leeus in 1971 deur Nieu-Seeland toer was die stryd voorlangs hard en genadeloos. In die tweede toets in Christchurch het die manne mekaar in die skrums geskrum dat die hare waai. Veral die Ierse stut Sean Lynch en sy opponent Richie Guy het mekaar aangevat en ná een skrum moes hulle spanmaats hulle kalmeer.
Lynch was fanaties en het weer soos 'n malmens in die skrum gesak. Die Leeus kom toe met hulle geweldige agtmanstoot en druk die All Blacks in hulle spore terug. Voor die skrum opbreek vra Lynch uitasem aan die All Blacks in die skrum: "Hou do you like this for scrummaging!?"
Die Nieu-Seelanders het intussen die bal gehaak en Colin Meads antwoord droogweg: "Bloody inpressive, but if you pull your head out you'll see we've just scored a try." – Wat Sid Going toe pas gedruk het!