MOES DIT BETER GEDOEN HET...

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (39)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Toe die Sprinkbokke met Francois Pienaar as kaptein in 1994 deur Nieu-Seeland getoer het, het hulle vurige stut, Johan le Roux, groot omstredenheid veroorsaak omdat hy tydens 'n toets die oor van die irriterende All Black-haker, Sean Fitzpatrick, gebyt het.

Daar was groot verontwaardiging in Kiwi-land en Le Roux is uiteindelik vir 'n hele 18 maande uit rugby geskors wat toe die einde van sy internasionale loopbaan beteken het.

Le Roux was baie teleurgesteld oor die kwaai straf wat hom opgelê is en het daarna opgemerk:
"Vir 'n skorsing van 18 maande moes ek eintlik sy oor afgeskeur het – dan kon ek minstens gespog het daarmee!"