KORSIES OP DIE RUGBYVELD (44)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die Engelse skeidsregter Cyril Gadney moes daar in die 1930's die fluitjie hanteer in 'n toets tussen Wallis en Ierland in Cardiff, en aangesien daar baie op die spel vir beide spanne was het die mense uit alle rigtings na die veld gestroom.
Gadney daag toe by die hek op en identifiseer homself as die skeidsregter vir die wedstryd maar die hekbeampte het net sy kop geskud: "You must be the hundredth person today who has tried to get in pretending he's the ref. No way, sir!"
Die tyd het aangestap en bekommerde Walliese rugbybeamptes het uiteindelik vir Gadney gevind waar hy toestaan om 'n kaartjie te koop om in te kom!