KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ek koop verlede week 'n nuwe bakkie en was vreeslik opgewonde oor die nuwe tegnologie wat soveel verbeterde werkverrigting gee. Maar ek kon nie die radio aan die speel kry nie, daarvoor was my kennis van sulke nuwe tegnologie te min. Toe gaan ek gister terug na die handelaar en vra dat hulle my moet wys hoe die ding werk. Die verkoopman verduidelik toe dat die radio stemgeaktiveerd is. Mens praat net, en dan reageer dit! Hy demonstreer toe met:"Nelson!". Die radio antwoord: "Ricky of Willie?". Die verkoopsman sê toe: "Willie!", en dadelik kom 'On the Road Again' oor die luidsprekers. Die klank is pragtig en ek raak al meer opgewonde – dis eintlik maklik! Toe sê die verkoopman: "Ray Charles!", en oombliklik hoor ek 'Georgia On My Mind'. Ek ry vrolik daar weg en vir die volgende paar dae, elke keer as ek sê: "Bach!", hoor ek pragtige barokmusiek, en as ek sê, "Rolling Stones", dan luister ek heerlik na hulle liedjies. Maar die radio het sy gebreke. Gister druk 'n blouligbrigade my uit die pad met 'n getoet en vingerwysings tot albei voertuie met 'n stofwolk in die grond langs die pad tot stilstand kom. Die bestuurder van die ander motor spring uit, druk sy kop deur my motorruit en skree op my: "%^$&#!" Dadelik antwoord die radio: "Dames en here, die geskorste President van die ANC Jeugliga, Julius Malema..."