KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)\
'n Versamelaar van skaars boeke ontmoet 'n Amerikaanse kennis wat aan hom vertel hy het net gister 'n baie ou Bybel weggegooi wat hy in 'n stukkende kartonhouer gekry het, glo deur een of ander Guten-iemand gedruk.
Die versamelaar kry dadelik die gedagte dat dit 'n raar versamelstuk was. Hy vra aan die Amerikaner: "Was die naam nie dalk Gutenberg nie?".
"Ja", antwoord die Amerikaner, "dit was wat daar geskryf was".
"Ek glo dit nie!" snak die versamelaar na sy asem."Jy het een van die eerste en raarste boeke wat ooit gedruk is weggegooi! 'n Kopie het onlangs vir 'n miljoen dollar verkoop!"
"O, ek dink nie hierdie boek sou enigiets werd gewees het nie", sĂȘ die Amerikaner. "Dit was volgekrap in die kantlyne deur 'n idioot met die naam Martin Luther."