KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die slim Japanners is gewoonlik die wêreld voor as dit by unieke uitvindings kom. Hierdie keer het hulle 'n masjien ontwerp wat die vermoë het om in 'n kort tydjie 'n hele spul skelms uit te wys sodat hulle aangekeer kan word. Maar natuurlik moes die masjien eers vir 'n deeglike proeflopie geneem word en hulle het land vir land geneem om te sien wat die verskillende resultate in verskillende lande sou wees.
Die VSA het eerste aan die beurt gekom en daar is binne 30 minute 20 misdadigers aangekeer.
In Brittanje het hulle binne 30 minute 500 misdadigers gevang.
In Spanje het hulle slegs 25 diewe binne 30 minute aangekeer.
In Ghana was dit heeltemal 'n ander storie en is daar in die eerste 10 minute reeds 6 000 misdadigers gevang.
Uganda was nog erger en in 7 minute is 20 000 misdadigers vas.
Kenya, die hoogste sover, is binne 8 minute 30 000 misdadigers vasgetrek.
Die sukses van hierdie uitvindsel kon nie meer betwis word nie maar om die finale kersie op die koek te plaas besluit die Japanners hulle moet dit nog een maal toets, en dit sal Suid-Afrika wees wat die finale deurslag sal gee.
So gemaak, met groot sorg is die masjien hiernatoe gebring en die proeflopie begin. En binne 5 minute is die masjien gesteel...