NAME, PLEKKE EN PLAE

KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Ons ou volkie se behoud is maar in sy humorsin en so paar dingetjies daarmee saam; kyk nou byvoorbeeld na die genaamgeeëry; as hy eers vassteek dan bly hy daar. So ken ons 'n Tandeman (sy lang tande was werklik die rede vir dié naam), en 'n Blink Piet (hy spog na al die jare nog met alles al het hy dit verloor), en ou Five To (dis die ou oom wat sonder uitsondering vyf minute voor sluitingstyd by besighede instap maar 'n halfdag se werk gedoen wil hê), en so is daar menige, onder andere ook 'n boer wat jare lank met wortels geboer het wie se naam nou nog vasstaan as Willie Wortelman al het die donkergroenes sy plaas gevat en hy toe maar die dorp se vuilgoed begin wegry het omdat die swartes nou plase vat en nie meer tyd het vir vullisverwydering nie.

Terloops, dis die einste Willie toe hy nog met wortels geboer het wat eendag so kwaad vir een van sy plaaswerkers se moedswilligheid was dat hy hom maklik sou kon verwurg; toe keer sy vrou en vra mooi hy moet asb kalmeer en eers daaroor gaan bid; toe bid hy maar hy kon nie kalmeer nie, en hy sê:  "Met betrekking tot ou Johannes, gaan U hom kom haal of moet ek hom stuur?" Dis nou vir jou optimisme dat hy so mooi hoop vir Johannes se bestemming gehad het!

Van hemelvaart gepraat, 'n man bel netnou uit die Kaap en sê hy’t ook gister sy kantoor vir hemelvaartdag gesluit maar die kantoordame het nie op die deur se kennisgewing geskryf wat hy gesê het nl ‘gesluit vir hemelvaartdag’ nie; sy't net geskryf ‘gesluit vir hemelvaart’, en vandag is dit doodstil, geen kliënte nie...