DÊM KOMMIE!

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (51)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Daar word vertel van die keer toe Transvaal teen die WP op Ellispark gespeel het. Heeltemal teen die verwagting in klop die Streeptruie toe die Rooibontes in hulle eie agterplaas. Dit was natuurlik tot groot vreugde vir die WP-ondersteuners in die skare. Een van hulle gaan staan toe net buite die hek van die stadion en gil uit volle bors: "Wiepieeee! Wiepieeee!"

Hy staan nog so en skree toe die vuis van 'n groot Transvaalse mynwerker hom met een hou neervel. En terwyl die arme WP-ondersteuner neersyg grondtoe, snou die Transvaler hom toe: "Shaddap, jou %&*&%@#*&% Kommunis!"