DAAI SPELLING!

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (52)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

In 'n opwarmingswedstryd tussen die Stormers en SWD Arende 'n paar jaar gelede sou die kaptein van die SWD, Johan Kapp, die tekens vir die springers roep. In die lynstaan was SWD se manne gelys van A to O. In een stadium is daar 'n lynstaan en Kappie roep: "Auckland!" Niemand was reg vir die lang gooi na die stert van die lynstaan nie en die Stormers bemeester die bal en druk boonop 'n drie. Agterna waarsku Kappie sy spelers om hulle ore in die toekoms oop te hou vir die teken 'Auckland met 'n O'.
Soos een van die SWD-spelers opgemerk het: "Seker onnodig om te sĂȘ dit was Kappie se fout en nie ons s'n nie!"