PAS DIT OOK VANDAG TOE...

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

'n Moslem klim in 'n Kaapse minibus-taxi en vra die bestuurder om die radio af te sit.
Volgens sy geloof mag hy nie musiek hoor nie, veral nie sulke musiek soos wat in die taxi speel nie. In die tyd van die profeet was daar glo geen musiek nie, volgens die Moslem. Veral was daar nie Westerse musiek nie en geen radio's nie - dis vir die ongelowiges, sĂȘ die Moslem.
Die bestuurder skakel toe die radio beleefd af, stop die taxi en maak die deur oop vir die man oop om uit te klim.
"Hei, wat maak jy nou?" vra die Moslem.
Die bestuurder antwoord: "Lyste', innie tyd vannie profeet was danie taxi's nie, ve'staa' djy?  So kry djouself yt my taxi yt en dan staa' en wag djy vir 'n kameel, enige soort kameel!"